Aussie skroom nie om rassis te wees nie

’n Rasse-bohaai het in Australiese krieket losgebars oor ’n voormalige nasionale speler se gebruik van die k-woord.

Die 52-jarige Greg Ritchie, wat in die 1980’s 30 toetse vir Australië gespeel het, is nie van plan om verskoning te vra dat hy in sy toespraak by ’n middagete van “k****rs” gepraat het en toe ook onwelvoeglike grappies oor Moslems gemaak het.

“As hulle aanstoot wil neem, is dit hul saak,” het hy aan die mediagroep Fairfax gesê.

Ritchie is glo bekend daarvoor dat hy nie doekies omdraai oor sy gevoel in verband met swartmense en ander gelowe nie.