Arafat se liggaam opgegrawe vir toetse

Die oorskot van Yasser Arafat, die jarelange Palestynse leier, se liggaam is onlangs opgegrawe. Dit vorm deel van ‘n ondersoek na bewerings dat hy vergiftig is.

Die gebied rondom Arafat se graf is vir twee weke gesluit terwyl die arbeiders versigtig lae steen en beton verwyder het.

Onmiddellik nadat monsters van die oorblyfsels vir ontleding verkry is, is die graf weer met ‘n beskeie militêre seremonie en vars blomme toegegooi.

Die meerderheid Palestyne vermoed dat Arafat deur Israel vergiftig is. Israel het die aanklag heftig ontken.

Die opgrawing het plaasgevind agt jaar na Arafat se dood in 2004 in ‘n hospitaal in Parys in die ouderdom van 75. ‘n Televisie-ondersoek, geloods deur die Arabiese nuusagentskap Al Jazeera, het die vermoede van vergiftiging vergroot toe sy weduwee bekend gemaak het dat ‘n onnatuurlike hoë vlak van polonium op sy tandeborsel en geruite hooftooisel gevind is. Polonium is ‘n hoogs toksiese radioaktiewe isotoop.

Palestynse amptenare sê dat die resultate binne drie maande bekend gemaak sal word.