Antieke skatte in Bulgarye opgediep

Antieke skatte uit die tyd van Alexander die Grote is in grafte in Bulgarye opgediep. Wetenskaplikes glo dat dié skatte met die Masedoniese koning verband kan hê.

Die ontdekking in grafte in die noorde van Bulgarye sluit in ’n tiara met diere motiewe asook vier armbande, ringe en goue knope uit die laat vierde en derde eeu V.C. Volgens die hoof van die argeologiese span, Diana Gergova, moes die skatte aan die Getae, ’n stam wat naby kontak met die Grieke gehad het, behoort.

Gergova sê dat hierdie die belangrikste fonds is wat nog in Bulgarye gevind is. Hulle hoop om nog die graf van Gath van Kotela op te spoor. Gath was ’n skoonvader van Alexander se pa, Phillip 11 van Masedonië.