ANC-raadslid betaal nie huur

‘n ANC-raadslid woon al nege maande in ‘n verpleegsterhuis sonder om huur te betaal.

Hope Papo, LUR vir gesondheid in die PWV-gebied, het vandag bevestig dat Nokuthula Xaba drie kamers in die verpleegsterhuis in Hospitaalstraat in Johannesburg huur en in die afgelope nege maande nog nie ‘n sent betaal het nie.

Xaba is op 1 Maart 2012 deur die departement van gesondheid gedwing om te bedank.

Sy is 30 dae kennis gegee om die plek te ontruim en agterstallige huur sal later ingevorder word.