ANC Jeugliga het finansiële moeilikheid

Die Mangaung-kongres van die ANC is voor die deur, maar nou sukkel ’n diensverskaffer reeds vier jaar lank om sy geld uit dié party se jeugliga te kry. Dit is vir dienste gelewer aan die ANC-jeugliga vir hulle kongres wat ook in Bloemfontein gehou is gedurende 2008.

Die balju in Bloemfontein het verlede week beslag gelê op al die bankrekenings van die Jeugliga vir skuld van R13,5miljoen wat steeds uitstaande is vir dié chaotiese kongres van 2008.

Tydens die geleentheid is Julius Malema, verkies as leier.

Die beslote korporasie “Z2 Presentations” wat die diens gelewer het, oorweeg dit selfs om die Jeugliga te likwideer.

Dié instansie sê daar is nog R7,6miljoen uitstaande vir onder meer etes, verblyf en ander kongres geriewe vir die derduisende jong kongresgangers.