AAS afdreiging

Die ANC-regime se minister van energie, Dipuo Peters, en haar direkteur generaal, Neliswe Magubane, het maatskappye wat staatskontrakte verkry het vir hernubare energie, gedreig dat hulle oor die komende jare fyn dopgehou sal word vir die nakoming van hulle onderneming om die AAS (Aandele Afpersing vir Swartes; semantiese bedrogwoord “SEB”) beleid toe te pas.

Die maatskappye het voorkeur tenderstatus verkry vir staatsaanstellings as privaat voorsieners van energie ter waarde van R47 miljard met een van die voorwaardes dat ‘n aansienlike ekonomiese gedeelte tot voordeel van swartes moet wees. Eskom sal die elektriese krag van die 28 wind- en sonkragprojekte aankoop en versprei. Die projekte sal ‘n totaal van 1,42 MW lewer.