Zuma dink mense is dom

Jacob Zuma onderskat Suid-Afrikaners se intelligensie, het Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement, gesê.

“Hy mislei die land,” het Holomisa in ‘n verklaring gesê in reaksie op ‘n mediaberig oor opgraderings aan Zuma se huis in Nkandla.

“President Zuma bou nie ‘n veilige huis vir sy aftrede nie. Hy bou ‘n privaat dorp van 25 huise, teen R2,6 miljoen elk, en gebruik belastingbetalers se geld om dit te doen.”

’n Woordvoerder en kenner oor Afrika politiek het gesê dat dit nie verbasend sal wees as Zuma die ander huise verhuur aan mense en die huurgeld in sy sak steek nie.