Word die links-liberales moeg?

Clem Sunter, die links-liberale ekonomiese scenario-beplanner, het Jacob Zuma uitgedaag om die eerste te wees om finansiële opofferings te maak. Dit volg na aanleiding van Zuma maatskappye en staatsdiens hoofde gevra het om hul volgende salarisverhogings en bonusse te bevries ten einde ’n sogenaamde gelyke ekonomie te bou.

“Ek belowe plegtig om nie my sprekers tarief vir 2013 te verhoog nie. Nou wil ek weet: Wat gaan jy doen, mnr. President?” het Sunter gister in sy rubriek geskryf.
Die President van die Verkenners het daarop gereageer deur te sê dat selfs die liberales in die land nou moeg word vir alles wat verkeerd is.