WeePeee – Curriebeker wenners

Die Westelike Provinsie het hierdie naweek ’n Curriebeker droogte van 11 jaar gebreek toe hulle die Natallers met 25-18 gewen het.

Die Natallers was die oorweldigende gunstelinge om die wedstryd te wen. Hulle het tuisveld voordeel gehad, asook een van die sterkste pakke voorspelers in die kompetisie. Hulle span was ook propvol Springbokke. Hulle het ook in vier van die vyf wedstryde wat tot dusvêr die seisoen tussen die twee spanne gespeel was, geseëvier.

Die Piesang seuns het die beste gevaar in die botsings en die skrums vir die grootste deel van die wedstryd, maar die Visvoete was beter in die los en die lynstane. Hulle akkurate taktiese skopwerk was ook deurslaggewend in hulle oorwinning.

Die wedstryd het wipplank gery vir die grootste deel. Die wedstryd het in die WP se guns geswaai na twee skepskoppe deur hulle losskakel, Dmitri Catrakilis.

Die man van die wedstryd was Deon Fourie.