Vyfjarige dood geskok by springkasteel

’n Vyfjarige seuntjie van Pretoria is gister langs die Vaalrivier in Vanderbijlpark by die elektriese motor van ’n springkasteel doodgeskok.

Ruan Schlebusch het oomblikke voor sy dood, geglimlag vir die kamera saam met su stiefma Tersia Schlebusch. Hulle was by Stonehaven-on-Vaal, ’n heerlike gesin-kuierplek.
Die springkasteel se elektriese motor het omgeval en klein Ruan vasgedruk en geskok. Toe sy vader, Louwrens hom bereik was hy reeds dood.