Vuurvliegie leer wetenskaplikes

Wetenskaplikes in Suid-Korea steek kers op by die vuurvliegie. Hulle het die vuurvliegie se onderbuik nageboots om ‘n beter, meer bekostigbare LUD-lens te ontwikkel. Hulle hoop dat die nuwe ontwikkeling eendag in slim-fone, beeldradiostelle en ander toestelle gebruik kan word.

Die wetenskaplikes sê hulle het ‘n nuwe LUD-lens gemaak en die struktuur van die vuurvlieg se “lantern” nageboots.

Die struktuur van die vuurvlieg se onderbuik bestaan uit drie lae. Deur nabootsing daarvan is ‘n manier gevind om die duur deel in die bestaande LUD-lampies uit te skakel.

Vuurvlieë vervaardig lig uit hulle onderbuike om maats en ook hulle prooi aan te lok.