Vrystaat wen oortuigend

Vrystaat het Vrydagaand seker gemaak dat hulle volgende jaar steeds Curriebeker rugby gaan speel, nadat hulle die OP met 16-6 in Port Elizabeth gewen het.

Dit volg op hulle eerste promosie-relegasie sege van 53-14 in Bloemfontein.

Die wedstryd het in die reën plaasgevind en die Vrystaters het eerder lus gelyk om mielies te plant as om rugby te speel.
Dinge het skeef begin loop vir die OP na die oud-Vrystater en nou OP skrumskakel na ’n half uur met ’n rooikaart van die veld gestuur is na hy ’n vuishou uitgedeel het.

Dit lyk of die Vrystaat hulle sommetjies gemaak het. Die OP moes met meer as 40 punte wen en ook die Vrystaters verhinder om ’n bonus punt te kry.
Die Vrystaters wou maar net hierdie laaste wedstryd van die seisoen oor en verby kry. Hierdie wedstryd sal beslis nie lank onthou word nie.