Vrou skiet terroris morsdood

‘n Blanke vrou het ‘n inbreker in haar huis in Margate, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

’n Polisie woordvoerder het gesê twee mans, wat met messe gewapen was, het die 39-jarige vrou aangeval. Haar man was tydens die aanval nie tuis nie.

Sy is ernstig aangerand en die twee boewe het haar besittings begin steel.

Op wonderbaarlike wyse het sy daarin geslaag om haar man se vuurwapen in die hande te kry. Sy het die een skurk doodgeskiet.

Die ander skurk het toe op die vlug geslaan.