Volksgenote biddend vir Clive se vrylating

Die verontregde Clive Derby-Lewis se vrou, Gaye, het aansoek om mediese parool gedoen vir haar man wat tot nou toe parool geweier is omdat die onbehoorlike gedoen word, naamlik dat Hani se familie ook geken moet word in die saak.

’n Woordvoerder van die Verkennerbeweging het gesê dat dit die mees belaglike metodes van wetstoepassing denkbaar is.

Alhoewel die koerant Beeld na mnr. Derby-Lewis verwys as ’n “veroordeelde moordenaar”, is dit alom bekend dat hy nie ’n moord gepleeg het nie.
Mnr. Marius Coertze, het gesê dat mev. Derby-Lewis die aansoek met die media sal bespreek.
Die indruk word gelaat dat die provinsiale departement van korrektiewe dienste probeer om navrae te ontduik want hulle kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Mev. Derby-Lewis het gesê sy sal die dokumente vir die aansoek indien, aangesien haar man aan kanker en gangreen in een been ly.

Mnr. Derby-Lewis (76) is verlede jaar normale parool geweier.

Beeld berig soos volg nadat daar na mnr. Derby-Lewis verwys is as “veroordeelde moordenaar”:

“Die parlementslid van die apartheid-era se Konserwatiewe Party is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord op Chris Hani, sekretarisgeneraal van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty, in 1993. Hy het die vuurwapen aan Janusz Walus, wat dieselfde straf uitdien, verskaf.”

Intussen het Die Vryburger verneem dat gebedsgroepe tot stand gekom het te same met honderde Afrikaners wat bid dat Cllive Derby-Lewis vrygelaat sal word.