Voedselvoorraad kan ook so verminder

Wetenskaplikes bevind dat verskeie visspesies as gevolg van aardverwarming met sowat 20% kan krimp.
Warmer water kan suurstof vlakke ernstig beinvloed en visse se liggaamsgewig sal daardeur aansienlik verlaag, is bevind..
Die wetenskaplikes het daarop gewys dat aardverwarming ‘n baie groter impak op die ekostelsels hê as wat voorheen verwag is.

Vorige navorsing het getoon dat veranderende oseaan temperature die verspreiding en die voortplanting van visspesies ernstig en dikwels nadelig beïnvloed.
Die navorsers het ook bevind dat kleiner liggaamsgewig van visse ’n groot impak kan hê op voedselsekerheid. Kleiner visse kan ook beteken dat wetgewing hersien moet word om minimum gewig te bepaal op vangste.