Vliegtuig land in Bethlehem straat

‘n Jong vlieënier moes noodgedwonge ’n noodlanding in ‘n straat in Bethlehem doen
Die Vliegtuig het kort nadat hy by die lughawe opgestyg het, ’n enjin probleem ontwikkel.

Mnr. Werner Schulz, ‘n werknemer van Farmsecure, was op pad om met dié Piper Seneca passasiers by die Lanseria-lughawe in Sentraal Transvaal te gaan haal.

Hy moes naby die lughawe in ’n woonbuurt land. Die vliegtuig het deur ‘n heining geploeg en meters van ’n huis gestop.

Hy is nie beseer nie.