VIR DIE TUINIER – NEPENTHES AMPULLARIA (BEKERPLANT)

Hierdie wonderlike plante groei gewoonlik die beste in woudagtige, klam gebiede.
Hulle groei maklik. Hulle is vrylik beskikbaar by kwekerye.
Die bekerplant is ’n karnivoor en verkry hul voedingstowwe van insekte wat gevang word. Hulle kan voedingsarm grond geplant word en hul aanvullende voeding is die verrotte blare en mos. Hierdie plante wil nie droogte ly nie en hou ook nie van koue weer nie. Meer sub-tropiese warm weer vir hulle!

Die plant kan ook tot 15 meter hoog rank. Die kelke lyk soos trosse blomme wat op die grond lê en daar is verskillende kleure. Hul is onwelriekend en blom een tot twee maal per jaar.
Daar is verskillende soorte bekerplante te kry en party lyk soos varkore. Dit vertoon pragtig in die tuin.

Geniet die tuinmaak