VIR DIE TUINIER – AASBLOMME

Hierdie plante is presies wat die naam sê: “Aasblomme” en kan dit regtig so mooi wees?
Daar is verskeie soorte en die een is meer dramaties as die ander. Hulle is baie onwelriekend, maar pragtig. Die botanies naam: Stapelia leendertziae
Mev. R. Leendertz het hierdie plante in 1909 naby Heidelberg in Transvaal gevind en die plante is na haar vernoem. Hulle is ook bekend as die sterblom.
Aasblomme is hoofsaaklik vetplante en is nogal volop in ons tuine.
Omdat hulle so onwelriekend is, lok hulle vlieë vir bestuiwing. Hulle groei maklik van steggies. Die plante kan in potte geplant word maar moenie te veel water gee nie. Hulle is baie gelukkig in rotstuine en hou van sonlig. Hulle blom van Oktober tot Meimaand. Die blomme is groot donkerpers/maroon stervormige kelke en omtrent 8cm in deursnee en 7 tot 8 cm lank.

GENIET DIE TUINMAAK