Verkennerbeweging eis vrylating van Boeremaglede

In n skerp bewoorde media verklaring eis die Verkenners dat die lede van die Boeremag onverwyld vrygelaat word.

Die eis volg nadat dit aan die lig gekom het dat daar klaarblyklik geknoei is tydens die hele verhoor.

Die Vryburger het n volledige berig in die verband geplaas. Wye reaksie is ontlok en daar is sprake dat die saak heropen moet word.

Die verkenners se verklaring word hieronder volledig gestel:

Die bekendmaking deur ‘n voormalige lid van die intelligensiediens dat die sogenaamde Boeremag saak ‘n skepping is van die regime se geheimediens, noodsaak die onmiddellike vrylating van die aangehoudenes.
Die feit dat die aangehoudenes afgeluister is tydens aanhouding en tydens gesprekke met hulle regsverteenwoordigers en die feit dat hierdie inligting aan die aanklaer gegee is, maak die hele hofsaak belaglik.
Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika eis dat die aangehoudenes in die naam van geregtigheid onmiddelik vry gelaat word en dat die provokateurs en agente wat by hierdie laakbare dade betrokke was, vervolg moet word vir al die laakbare wandade deur hulle gepleeg.