Verkeershoof staan tereg op 1 600 aanklagte

Meer as 1 600 aanklagte van bedrog wag op die munisipale verkeershoof van Thulamela-munisipaliteit in Noord-Transvaal, Thilivhali Mulaudzi (48), wanneer hy vandeesweek in die hof op Louis Trichardt verskyn.

Mulaudzi het klaarblyklik meer as 800 mense gehelp om rybewyse op ‘n bedrieglike wyse te bekom. Die res van die aanklagte is blykbaar oortredings van verskillende verkeerswette.

Hy is tans uit op borgtog van R20 000. Hy is glo sedert Augustus geskors en ontvang steeds elke maand sy volle salaris.