Vakbonde staak hul stakings

Drie vakbonde het besluit om nie vêrder deel te hê aan die vervoer staking nie.

Die Padvragvereniging het bekend gemaak dat drie vakbonde, die RFA, MTWU en die PTWU tydens ’n vergadering van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie aangedui het dat hulle terugkeer werk toe.

Dié vakbonde sê hulle en die werkgewers het ooreengekom en arbeids optrede is nie nodig nie.

Die drie vakbonde het saam sowat 15 000 lede teenoor Satawu se sowat 30 000 lede.