Tyson, die verkragter

Nieu-Seeland het die voormalige swaargewig-bokskampioen Mike Tyson se visum na die land gekanselleer.
Dié besluit kom enkele dae nadat die land se premier hom uitgespreek het teen Tyson se beplande besoek aan die land.

Tyson word verbied om die land binne te gaan weens ‘n skuldigbevinding aan verkragting in 1992.

’n Woordvoerder het daarop gewys dat Tyson te doen gekry het met ’n land en owerheid waar sedelike norme nog toegepas en in ag geneem word.