Transvaal net nie goed genoeg nie

Die krieketspan van Transvaal het vriend en vyand verras toe hulle deurgedring het tot die finaal van die T20 Kampioeneliga.

Hulle het egter hard terug aarde toe gekom in die finaal.

Transvaal het 4 paaltjies in die eerste 21 balle van teen die Sydney Sixers van Australië verloor. Hulle is uitgehaal met slegs 121 lopies op die telbord.

Die Sixers se aanvangskolwers het deur gekolf en slegs 12.3 boulbeurte nodig gehad om die teiken verby te steek. Alhoewel die Transvalers verloor het, steek hulle nog ’n allemintige $1,3 miljoen in die sak as naaswenners van die reeks.