Terroriste aanval net-net oorleef

Die polisie in Wes-Transvaal soek na vier terroriste wat die bejaarde boer HK Grobler oorrompel, aangerand, geboei het en toe met drie van sy jaggewere gevlug.

Volgens ’n polisiewoordvoerder het die voorval vermoedelik tussen 01:00 en 02:00 gisteroggend plaasgevind.

Daan Grobler (45) het gesê sy bejaarde pa, HK Grobler (79), het in die slaapkamer van die huis op sy plaas, Doringbult, in Gerdau, naby Lichtenburg geslaap toe die rowers by sy plaashuis ingebreek het.

Volgens hom het die rowers die huis se voordeur en middeldeur met koevoete oopgebreek. Hulle het daarna ook die geslote slaapkamerdeur oopgebreek en sy pa in dié kamer oorval.

Mnr. Grobler het gesê sy vader het die dood net-net vrygespring.

Die foto toon mnr. Grobler se toestand na die aanval.