Terroriste aanval in die Vrystaat


’n Egpaar van Allanridge sê dit is ’n bestiering dat hulle nog leef nadat hulle in hul huis met ’n handgemaakte spies aangeval is. Beide slagoffers het talle steekwonde opgedoen..

Die terroris het ondanks goeie veiligheidsmaatreëls besluit om deur die dak die huis binne te gaan.

Mnr. Johan en mev. Sharon Lourens se huis is goed beveilig.
Die boef het ook die alarm in die dak af gesit deur van die drade te knip en sensors te breek.

“Hy wil nie steel nie, hy wil moor. Ek is vreesbevange,” het mev. Louwrens gesê.

Sy moes later ’n operasie ondergaan om spiere aan haar duim te heg. Sy het ook steekwonde in haar arms.
Johan (64) het vyf steekwonde, waarvan een sy hart en longe rakelings gemis het.

Johan het haar te hulp gesnel en die man oorval. In ’n hewige stoeiery kon hy uiteindelik die spies van sowat 60cm van die aanvaller afneem.

Die man is by die voordeur uit, het oor die veiligheidsheining gespring en weggehardloop.

Niks is gesteel nie.

“Die bloed het uit ons wonde gepomp. Die hele gang se vloer en mure was rooi van die bloed.”

Daar is later ontdek die terroris het in die vroeë oggendure teëls op die dak losgemaak om in te kom. Hy het die alarmstelsel in die dak verwoes.