Swartes beroof jong boer, vrou en baba

Swart inbrekers het ’n boer en sy gesin op hulle plaas, Nuwejaarspruit, naby Rouxville in die Suid-Vrystaat beroof.

Die swart diewe het deur ‘n badkamervenster geklim om die gesin se huis binne te dring.

Hulle het die boer met ’n vuurwapen aangehou en geëis dat hy die kluis oopsluit. ’n Onbekende bedrag geld is gesteel en die misdadigers het met die boer se bakkie gevlug.

Die voertuig is later verlate in Aliwal-Noord gevind.