Student val 12 m en leef

’n Puk-student het wonderbaarlik oorleef toe sy 12 meter van ’n dak af geval het. René Cremer (19), ’n eerstejaar BSc geologie-student by die Potchefstroom-kampus van die PUK, en haar vriende wag gereeld die sonsopkoms in op die dak van ’n gebou op die kampus. Hulle neem pragtige foto’s waarvan sommiges op die bakkiesblad te sien is.

Sy en sewe van haar maats het omstreeks 05:00 die betrokke oggend op die gebou se dak gaan sit om te kyk hoe die son opkom, toe sy deur die dakluik van die gebou geval het. Sy het ernstige beserings opgedoen en is tans in ’n stabiele toestand. Dokters het besluit om nie dadelik operasies uit te voer nie. Die liggaam moet blykbaar eers herstel van die skok wat deur die val veroorsaak is.

René se ouers van Mosselbaai is inderhaas Potchefstroom toe om hulle dogter by te staan.