Stryd om internetbeheer word feller

‘n Stryd om beheer oor die internet kan binne maande begin woed as afgevaardigdes in Doebai byeenkom vir ‘n vergadering van ‘n agentskap van die Verenigde Nasies (VN). Dit wil voorkom asof nuwe reëls vir wêreldwye telekommunikasie oorweeg sal word en dit kan tot gevolg hê dat die VN groot dele van die internet beheer.

Rusland en Sjina is ten gunste van ‘n voorstel om die internet onder beheer te plaas van die Internasionale Telekommunikasie-unie (ITU). Dit is die VN-agentskap wat tegniese standaarde bepaal en wat internasionale telekommunikasie beheer.

Amerika het ’n ander siening en reken die Russiese gedagte kan vryheid op die internet beperk.

Waarnemers sê verskeie regimes sal die voorstel steun, terwyl die grootste Westerse moondhede dit sal teenstaan.