Stamsel oorplantings – ’n nuwe wonder.

Shinya Yamanaka van Japan en John B. Gurdon van Brittanje het gesamentlik die Nobelprys vir geneeskunde gewen net hul baanbrekerswerk in stamsel aanwending.

Die twee is met die prys vereer na hulle uitgevind het dat volwasse selle herprogrammeer kan word om hulle meer potensiaal om in verskillende ander weefsel soorte te differensieer, te maak.

Deur menslike selle te herprogrammeer het die wetenskaplikes nuwe geleenthede geskep om siektes te bestudeer en metodes te ontwikkel om hierdie siektes te behandel.

Stamsel gebruike is besig om ’n nuwe dimensie in die geneeskunde in te lei. Onlangs het Suid-Afrika met deernis gesien hoe klein Pippie se lewe gered is deir stamsel oorplantings wat gedoen is.

Intussen is gesaghebbend verneem dat stamsel oorplantings nou ook moontlik is vir mense wat swaksiende is.