Stakers breek Suid-Afrika finaal

Meer as 45 vragmotors en ligte afleweringsvoertuie is reeds aan die Oos-Rand beskadig of uitgebrand.

Slegs 45 stakers tot hede in hegtenis geneem oor hul gewelddadige optrede. Tientalle stakers hoort agter tralies weens hulle geweld of kwaadwillige saakbeskadiging.
Die staking het op 24 September begin en daar is weinig hoop dat dit gou gaan eindig. Die spoorweg werkers het te kenne gegee dat hull ’n dag lank gaan staak ter ondersteuning van die vragmotorbestuurders.

Die afgelope Maandag is ses vragmotors ernstig beskadig deur die oproerige stakers aan die Oos-Rand.