Sport deelnemers ernstig gewaarsku

‘n Farmaseutiese maatskappy het Suid-Afrikaanse atlete gewaarsku teen twee haarverlies-sjampoes met ‘n hoë kafeïen inhoud.

“Die kafeïeninhoud is baie hoog sodat ‘n waarskuwing aan atlete op die bottels verskyn. Kafeïen kan in hul hare opgespoor word, omdat dit die haarwortels penetreer,” het Litha Pharm in ‘n verklaring gesê.

Die sjampoes – Alpecin Caffeine Shampoo en Plantur39 – is gewild in Europa, en is beskikbaar in Suid-Afrika.