SKELMSTREKE WORD OPGRADEER

Barclays is daarvan beskuldig dat hulle wins maak uit  die wêreld se hongersnood. Die beskuldiging deur die World Development Movement sê dat die bank met voedselpryse spekuleer en daarmee voedsel se prys opstoot.

Die beleid van die Verenigde Koninkryk se regering en ander wat weier om bankregulasies daar te stel, stel die lewens van miljoene in gevaar. Daar is ook vasgestel dat Barclays ‘n leidende speler in oliespekulasie is. Aangesien olie ‘n sleutelrol in landbou speel, beteken die hoër prys ook hoër produksiekoste en dus stygende voedselpryse.

Kritici het Glencore aangeval nadat die maatskappy gesê het dat die wêreldwye voedselkrisis en prysstygings ‘n goeie besigheidsgeleentheid is.

Christine Haig van die WDM sê slegs uit voedselspekulasie het Barclays meer as £529 miljoen wins gemaak. Sy het Barclays ook daarvan beskuldig dat hulle beleggers aanmoedig om die voedselmark as ‘n finansiële speelpark te sien instede as ‘n plek waar boere produkte koop en verkoop.

Volgens syfers wat deur die groep bekend gestel is, het die mielieprys in Julie met 25% gestyg. In Suid-Afrika, waar mielies die stapelvoedsel vir die grootste gedeelte van die bevolking is, het die prys van Mei tot Julie met 27% gestyg en in Malawi oor dieselfde periode, met 174%.

Volgens die WMD is hierdie geweldige stygings te wyte aan  ‘n “massiewe influks van spekulatiewe geld in die voedselmark.”

Hierdie is ‘n nuwe storm wat dreig om rondom Barclays los te bars, kort op die hakke van die Liborskandaal waarin die maatskappy ‘n groot boete moes betaal en die besturende direkteur met ‘n goue handdruk van net so by die £10 miljoen bedank het.

In Suid-Afrika egter, gaan dit nog slegter. Danksy  ‘n kontroversionele nuwe praktyk, wat in die geheim tussen die Regering en bankiers gesluit is, word die voedsel nou letterlik uit jou bord gesteel.

Die Regering steel nou een uit elke 4 pizza’s wat gekoop word, drie uit 24 kannetjies Coke wat jy koop en R2.80 van elke houer lemoensap wat verkoop word. Hulle steel ontbytkos, koffie tot Simba skyfies. Ryk bankiers in Johannesburg deel in die finansiële buit.

.Waarom het niemand dit nog openbaar gemaak nie? Wel, die Regering het dit nie wettig deur die Parlement geloots nie. Hulle het ‘n geheime maar magtige groep gevorm wat nie onderhewig aan oudit of navrae is nie. Op ‘n gewetenlose wyse steel hulle van almal.

Die wyse waarop hulle dit doen is om ‘n ekstra belasting op die verskaffer te laai. Min verskaffers kan dit self absorbeer en is verplig om dit aan die publiek oor te dra. Dit word op die volgende manier gedoen: All Gold het van 750ml tot 700ml gekrimp; Sally Williams se produkte krimp ook want die Regering “vat” tussen 20 en 30%; Cadbury’s sjokolade is 10% kleiner; Freshpack Rooibostee is 50% kleiner en so gaan dit aan na ontbytgrane, toiletware, skoonmaakmiddels en babakos.

Natuurlik is dit net die een hand wat die ander was met die publiek se geld. Indien ‘n persoon die moeite wil doen om ‘n forensiese spoor te neem na wie die geld agter die handelsname beheer, gaan dit in alle waarskynlik weer een of ander groot bank wees, soos bv. Barclays.