September – ’n donker maand

’n Woordvoerder van Projek 2010, wat die moorde op blankes moniteer en in ’n databank aanteken, het aan Die Vryburger gesê dat September ’n donker maand was.

Hy het daarop gewys dat daar gedurende September nie minder as dertien moorde plaasgevind het op volksgenote nie.

Dit is duidelik dat die terroriste aanslag op onskuldige blankes nie sal ophou nie. Die regering het geen gevoel vir die Boere-Afrikaner nie, want as dit so was sou die volksmoord voorrang geniet het en sou die doodstraf weer ingestel gewees het, het hy gesê.

Wat die erns van die saak uitlig, is die feit dat twee egpare die lewe gelaat het gedurende die maand. Die Greeff egpaar van Johannesburg was ’n skokkende gebeurtenis en voordat die volk tot verhaal kon kom, het die grumoorde op die Fourie egpaar van Trompsburg die land geruk, het hy gesê..

Die woordvoerder het ook daarop gewys dat alhoewel hierdie gevalle skokkend is, is die ander nege gevalle wat plaasgevind het nie minder gruwelik nie. Die volk moet kennis neem daarvan dat daar gedurende die somermaande, volgens die statistieke van Projek 2010, weer ’n toename in moorde kan wees.

Die statistieke wat vrygestel is deur die regering, is van geen waarde vir blankes nie. Die moorde op volksgenote duur onverpoos voort. Dit is dus dringend noodsaaklik dat volksgenote hulle paraatheid moet opskerp en te alle tye waaksaam en oplettend moet bly, het hy gesê.

Projek 2010 se statistieke kan gesien word op hul webblad by: www.projek2010.co.za . Daar is ook besonderhede beskikbaar van hoe ’n finansiële bydrae gemaak kan word om die voortgang van die projek te verseker.

Lesers word aangemoedig om behulpsaam te wees met die opdatering van die gevalle aangesien alle moorde op volksgenote nie altyd deur die media gedra word nie.