SAKP eis SABC se koppe

Die SAKP dreig met massa-aksie as die SAUK nie binne drie weke op die memorandum reageer wat die bestuur en raad van die uitsaaier kritiseer nie.

Die memorandum is glo by die SAUK se kantoor in Auckland Park afgelewer.

’n Massa rooi hemde is gesien soos wat ondersteuners met vlae en plakkate gestap het om na Jacob Mamabolo, die provinsiale sekretaris van die SAKP, te gaan luister. Hy het in sy toespraak die SAUK-raad gevra om te bedank en daarmee verdere korrupsie bekamp. Volgens Mamabolo het die SAUK misluk om werknemers te beskerm wat verklikkers van korrupsie voorvalle is.

Die party is ook bekommerd oor die SAUK se finansies en die gebrek aan plaaslike inhoud.