Ruimtetuig vertel wat lank reeds vermoed word

Nasa se Curiosity-verkenningstuig het ontdek dat daar eens ’n stroom water gevloei het alhoewel dit duisende jare gelede gebeur het, het die ruimteagentskap gesê.

Wetenskaplikes het al voorheen ander bewyse gekry dat daar eens op ‘n tyd water op Mars was, maar dit is die eerste keer dat gruis wat deel van ‘n stroom was, ontdek is. Die gruis is in die Hottah-gebied op Mars gevind.

Die Curiosity is ook besig om ‘n tweede gebied te ondersoek. Nasa het bygevoeg dat die stroom ‘n sterk vloei gehad het as na die vorm van die klippies in die gruis gekyk word.