Romney slaan Obama vir ’n ses!

Die Republikeine se presidentskandidaat, Mitt Romney, het ná ‘n paar moeilike weke, Obama totaal en al oorskadu en werklik uitgeblink in sy eerste debat in Denver.

Al die ontleders meen Romney het veel sterker vertoon in die debat en dit sal ’n wesenlike verskil maak aan die peilings en uiteindelike stemming.

Obama het aansienlik langer spreekbeurte gehad, maar sy Republikeinse teenstander se argumente het elke keer groter trefkrag gehad.

Een van die invloedrykste meningsvormers het gesê dat Romney die president vir ’n ses geslaan het.