Romney is besig om voorsprong te rek

Gevaarligte het in die kamp van Obama geflikker toe ’n baie bekende en hoog gerespekteerde meningspeilings buro bevind het dat Mitt Romney die president verbygesteek het.

Die Pew-Navorsingsentrum het bevind dat Romney nou met 49% teenoor 45% voorloop onder kiesers wat sê hulle gaan waarskynlik stem. Volgens Pew se peilings kon Obama verlede maand nog op ’n voorsprong van agt persentasiepunte reken.

Dit volg op ’’n uiters powere vertoning van die anderskleurige president van die VSA in die eerste televisiedebat tussen hom en Romney verlede week.

Die Vryburger het gesaghebbend verneem dat die linkse media in die VSA alles in die stryd werp om Obama te bevoordeel. Valse berigte oor Romney word in koerante, in TV programme en in tydskrifte opgedis in ’n poging om Romney te benadeel.