Renosterstropery alreeds erger as verlede jaar


Die departement van omgewingsake het bekend gemaak dat altesaam 455 renosters vanjaar in Suid-Afrika gestroop is. Verlede jaar was die totale getal renosters wat gestroop is 448.
Die Kruger Wildtuin loop die ergste onder stropers deur waar daar al sowat 272 renosters in die stof gebyt het.
Natal, Noord-Transvaal en Wes-Transvaal het altesaam 150 renosters aan stropers afgestaan.
Die woordvoerder van die departement van omgewingsake het ook bekend gemaak dat 207 mense, waaronder 179 stropers, 10 in besit van onwettige horings en 18 horingvervoerders, in hierdie jaar in hegtenis geneem is in verband met renosterstropery.