Regeerders se duur vakansies oorsee


Die Sentraal-Transvaalse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning het R1,6miljoen uit gebaljaar by vanjaar se Olimpiese Spele in Londen.
Lebogang Maile en ses kollegas het glo vir ’n “studiereis” Engeland toe gevlieg en tien dae lank daar baljaar volgens die rekeninge wat betaal moes word. Maile, sy persoonlike assistent, mediabestuurder, die departementshoof en nog drie kollegas het in The May Fair, ’n vyfsterhotel in Londen, tuisgegaan teen ’n koste van meer as R800,000. Hulle het R400,000 aan vervoer bestee en meer as R70,000 aan kos en drank.
Dit beteken dat die sewe vakansiegangers op hulle “studiereis” elkeen sowat R10,000 aan kos en drank verorber het te midde van die Hotel verblyf.
’n Woordvoerder van die Oranje Sake instituut in Pretoria het gesê dit wil voorkom asof daar redelik lekker baljaar is as mens kyk na die bedrag wat aan reiskoste bestee is.