Psssssst, gehoor wat sê die slimmes van: koffie?

Koffie het nogal, verbasend genoeg, ‘n paar voordele: dit bevat kafeïene wat jou wawyd wakker kry, en dit verbeter jou gehoor en sig. Dit versnel ook jou metabolisme en voorkom naarheid.

Die nadele is ongelukkig meer. Koffie is ‘n stimulant wat ‘n verslawende effek op jou gestel het. Dit versleg jou lewer funksies, dit maak die wit van jou oë en die wit van jou tande geel, dit bevorder cholesterol en tap jou energie op die lange duur. Dit bevorder slapeloosheid, dit gee hoofpyne en is een van die grootste ysterdiewe denkbaar. Los hom!