Pssssssst, gehoor wat sê die slimmes van koeksoda?

Koeksoda word nie net gebruik om jou gebak te laat rys nie, maar jy kry hom ook in baie natuurlike medikasies. Dis ‘n natuurlike anti-inflammatorikum, en werk ook uitstekend vir velkondisies. As jy sout en koeksoda in jou badwater meng, kan dit help om jou vel wat aan bestraling blootgestel is, te herstel en te genees. Koeksodawater help om die brand van ‘n bysteek uit te trek as die angel uit geskraap is.

Dis ook ‘n natuurlike bleikmiddel vir gelerige tande. Borsel jou tande met koeksodawater om hulle wit te kry en die bedompige asem as gevolg van slegte spysvertering weg te vat. Dit verwyder ook die plaak uiters doeltreffend.

‘n Halwe teelepel koeksoda in louerige water help jou afblaas en verlig slegte spysvertering binne minute. Dis ook ‘n alkali wat die suurvlakke in jou liggaam help stabiliseer.

Druk ‘n halwe suurlemoen uit in ‘n glas met 1 teelepel koeksoda om ‘n kopseer vinnig te laat opklaar. Drink nog ‘n glas of twee indien nodig.

Waarskuwing: Kinders en babas moet koeksoda liewer net uitwendig gebruik. Mense met hoë bloeddruk en hartkwale moet eers hul geneesheer raadpleeg.