Projek 2010 gee die feite oor moorde

Terroriste het agt volksgenote vermoor gedurende die afgelope maand tot op 28 Oktober. Dié inligting is deur ’n woordvoerder van Projek 2010 bekend gemaak.

Vyf vroue is vermoor. Een van hulle was ’n 18-jarige meisie.

Drie moorde is elk in Sentraal-Transvaal en in die Wes-Kaap aangeteken. Wes-Transvaal en die Vrystaat het elk een moord aangemeld.

Gedurende die jaar tot op 25 Oktober vanjaar is 110 volksgenote vermoor. Hierdie getal dui op ’n aansienlike toename teenoor verlede jaar, toe 87 volksgenote in die ooreenstemmende tyd vermoor is.

Die woordvoerder het daarop gewys dat dit moontlik is dat daar nog meer moorde gepleeg is, aangesien alle gevalle nie noodwendig bekend gemaak word nie.

Lesers kan hulp verleen deur inligting oor moorde aan die redaksie van Die Vryburger te stuur, wat sal toesien dat dit aan die bestuur van Projek 2010 sal oordra.

Projek 2010 stel dit ten doel om die name van al die slagoffers van die volksmoord sedert 1 Januarie 1994 aan te teken. Besoek gerus www.projek2010.co.za vir meer inligting.