Othello – sien uittreksels daarvan !

Die Afrikaanse tenoor Johan Botha wat die afgelope tyd in die nuus was oor sy allergie wat hom tot dusver uit die speelvak van die Metropolitan se aanbieding van Verdi se meesterstuk, Othello, gehou het, kan op die draad hieronder klik en luister na sy stem.

Dit is ‘n gedeelte van die liefdesduet wat tydens die premier opgeneem is. Die sopraan wat saam met hom sing is Renee Flemming.

Dit is op die Metroplitan Operahuis in New York se webwerf te sien. Almal wag nog in spanning om te sien of hy gesond genoeg sal wees vir eerskomende Saterdag se HD-uitsending.

http://www.metoperafamily.org/video/2012-2013/otello/watch/otello-gia-nella-notte-densa-renee-fleming-johan-botha/1906455783001#play

Die woorde van die opening van die liefdesduet is as volg: “Nou in hierdie donker nag, word alles stil;
My klppende hart, word deur hierdie omhelsing gesus. Laat oorloë donder en die wêreld omgeef;
Solank as wat na al die woede, ek weer hierdie ewige liefde beleef.