Oranjekas is op die voorpunt

Dit lyk of die druk deur kliënte die groot handelsbanke laat besef het hulle moet beter diens lewer en minder geld opeis daarvoor. Nedbank is die een groot bank wat nie verminder het nie. Selfs Capitec, wat blykbaar die goedkoopste is, het tariewe afwaarts aangepas..

Mededinging om kliënte te behou en ook nuwe kliënte by te kry is deels hiervoor verantwoordelik.
’n Direkteur van Oranjekas Spaar en Krediet Kooperatief het aan Die Vryburger gesê dat hierdie instelling nie nodig gehad het om aanpassings te maak nie aangesien die tariewe reeds meer mededingend is as wat algemeen bekend is.