Obama kon toe nie wen nie

Obama het darem ietwat beter vertoon as tydens die verloorstryd van die eerste rondte.
Obama het probeer om Romney te ontsenu deur hom te beskuldig van inkonsekwentheid.

Uiteindelik het die kandidate ook oor ekonomiese beleid sake gebots, en Romney se sterkste oomblik het gekom toe hy Obama gekritiseer het oor die toestand van die ekonomie in sy ampstermyn.
Dit is duidelik dat Romney se siening oor ekonomiese sake veel meer professioneel is as die president, het ’n woordvoerder na afloop van die debat gesê.

“Die president wil goed doen, ek verstaan dit ” het Romney gesê. “Maar die beleid wat hy in plek gestel het, het hierdie ekonomie nie gehelp om te presteer soos dit dalk kon nie.”

Die linkse media soos CNN en andere in die VSA doen alles in hulle vermoë om Obama as wenner aan te wys, maar die Amerikaners steur hulle nie meer aan die valsheid van die media nie, het die woordvoerder gesê.