Nuusflitse

• Verskeie konsertgangers wat die Amerikaanse pop-koningin Madonna se konsert in New Orleans bygewoon het, het uitgestap nadat sy hulle gevra het om vir Barack Obama te stem. Dié konsert was deel van Madonna se MDNA-toer.
• Apple het volgens CNN in die kwartaal wat op 29 September geëindig het, ‘n wins van $8,2 miljard (R71 miljard) gemaak op verkope van $36 miljard (sowat R315 miljard) – ietwat minder as wat kenners verwag het.
• Microsoft het heelwat werk om te doen as hy wil hê sy nuwe Windows 8-bedryfstelsel moet die mark se verbeelding aangryp, het ‘n nuwe peiling deur The Associated Press getoon. ‘n Peiling onder 1,200 volwassenes in die VSA het getoon dat 52% van respondente teen Vrydag, toe die produk bekendgestel is, nog nie eens van dié nuwe sagteware gehoor het nie.
• Parkering is besig om ‘n groot probleem te word vir Gautrein-gebruikers wat glo geweldig sukkel om stilhouplek by die stasies te kry. Gautrein se bestuur is nou besig om na naby geleë parkeerterreine te kyk as moontlike oplossing. Pretoria, Rhodesfield en Verwoerdburg se stasies is geïdentifiseer as die besigste parkeerterreine.
• Vlug van British Airways van Johannesburg na Londen moes gekanselleer word nadat ’n lig op die vliegtuig se regter vlerk nie herstel kon word nie. Passasiers het as drie uur in die vliegtuig gesit en wag terwyl werktuigkundiges die lig probeer regmaak. Volgens Stephen Forbes, die woordvoerder, het die bemanning eers nadat al die passasiers al aan boord was, agtergekom die lig werk nie.
• ’n Skip met nege bemanningslede en 700 ton gouderts aan boord het vermis geraak in die stormagtige see toestande aan die Russiese kus. Die skip het Sondag ‘n noodsein gestuur toe dit vanaf Neran na die Feklistov-eiland onderweg was.
• Die “superstorm” Orkaan Sandy het die ooskus van die VSA oornag (SA tyd) met groot geweld getref, grootskaalse oorstromings veroorsaak, New York in duisternis gehul en reeds ‘n aantal lewens geëis. Derduisende mense moes hul woonplekke ontruim of is sonder elektrisiteit nadat die kragtoevoer in 11 deelstate afgesny is en in New York is tonnels en die moltreinstelsel oorstroom nadat die watervlak met meer as 4 meter gestyg het.
• Die naasbestaandes van die Britse toeris wat in die boot ramp in Houtbaai dood is, beplan om regstappe teen die bootmaatskappy te doen.
• Pres. Barack Obama gaan volgende week gebraai word.” Dit is al hoe meer die trant van selfvoldane konserwatiewe ontleders en bloggers in die pylvak van die Amerikaanse presidentsverkiesing, wat eerskomende Dinsdag gehou word.
• Meer as 40% van die skole in die Vrystaat het nie handboeke nie. Díe skokkende inligting het in die wetgewer aan die lig gekom toe Stanley Malope, die Vrystaatse onderwyshoof, die departement se jaarverslag aan die onderwyskomitee voorgelê het.
• ’n Liefhebber van Afrikaans sal vandeesweek as die nuwe Nederlandse minister van buitelandse sake ingehuldig word. Hy is Frans Timmermans.
• Die internet reus Google sal saam met ‘n groep ander beleggers voor die einde van die jaar besluit of hulle voortgaan met ‘n ondersese kabel van bykans R15 miljard wat die Brics-groep van ontluikende lande met mekaar en die VSA sal verbind.
• Altesaam 51,8 miljoen mense het verlede jaar in Oktober in Suid-Afrika gewoon, het die 2011 Sensus aangedui. Dit sluit nie die onwettige inwoners in nie.
• ‘n Amerikaanse stapper is dood nadat hy sowat 45 m ver geval het toe hy Maandag van ‘n swerm bye gevlug het. Die man is op die toneel in die Echo Canyon-gebied van die Camelback-berg in Phoenix dood verklaar. Twee ander stappers is per helikopter na ‘n hospitaal geneem nadat hulle elk sowat 300 bysteke opgedoen het.