Nog SAPD skandes

Vier mans, waaronder ‘n polisiebeampte, is in hegtenis geneem toe hulle blykbaar ‘n huis in Jeppe wou beroof, het ’n beampte gesê.
Die verdagtes is blykbaar vasgetrek toe hulle by ‘n sakeman se huis in Macdonaldstraat opgedaag het. Die polisie het ’n wenk ontvang en die skurke is vasgetrek.

Die polisie woordvoerder het gesê polisie toerusting en uniforms is in hul besit gevind.

Beslag is gelê op items soos ‘n misdaadtoneel baadjie, handboeie, ‘n vervalste polisie-identiteitsertifikaat, asook ‘n dienspistool, ‘n skokstok en nege selfone.
Een van die rowers is ‘n polisiebeampte wat by die Johannesburgse middestad se polisiestasie gebaseer is.

Volgens die polisiewoordvoerder sal die verdagtes binnekort in die hof verskyn. Intussen word ondersoek gedoen na moontlike ander oortredings van die vier mense.