Nog ’n egpaar ontkom die dood

Mnr. Johan Greyling (79) van Marquard is herhaaldelik met ‘n mes gesteek toe hy by sy huis ingestap het.
Hy is inderhaas na die hospitaal in Bethlehem geneem.

Volgens berigte het die terroriste mnr. Greyling se vrou, Maria (74), by ‘n kamer ingedruk en beveel om stil te bly.
Hulle het mnr. Greyling ingewag en verras toe hy die huis ingestap het. Hy is skynbaar vir dood agter gelaat.

Mevrou Greyling het ligte beserings en kneusplekke opgedoen.
Gedurende die afgelope week het talle voorvalle plaasgevind waar terroriste die volksmoord op blankes toepas.

’n Voormalige polisie sersant het aan Die Vryburger gesê dat dit opvallend is dat die aanval op mnr. Greyling doelgerig was om hom dood te maak. Hy is ingewag en in sy eie huis aangeval op ’n tipiese wyse wat deur moordenaars en terroriste toegepas word, het hy gesê.