Nog meer skelms in die SAPD?

Polisiehoofde gaan ‘n yslike groot ondersoek na die Randburg-polisiestasie in Sentraal Transvaal van stapel stuur.

Dit volg nadat die nasionale uitsaaier blykbaar ’n deeglike ondersoek gedoen het dat lede van die SAPD gereeld ’n dwelmnes besoek instede om die nes “oop te skop”.

Vyf polisiebeamptes is glo by die polisiestasie in hegtenis geneem vir dwelm-verwante misdade.

Die SABC het blykbaar vir ’n maand lank gekyk hoe dwelms openlik verkoop word en hoe die polisie in die gebied niks daaraan gedoen het nie.