Mugabe bedel vir referendum

Zimbabwe se verkiesingskommissie sê hulle benodig R800 miljoen om ‘n referendum te organiseer vir die opstel van ‘n nuwe grondwet.

Die nuwe grondwet sal glo Zimbabwe in staat stel om ’n eerste verkiesing sedert 2008 te hou.

‘n Datum vir die referendum is nog nie vasgestel nie. Robert Mugabe wil egter die referendum binne vier weke hou.

Die verkiesingskommissie sê dat hulle minstens ses weke nodig het om die reëlings te tref.

Waarnemers is van oordeel dat Mugabe weer ’n slenter sal uithaal om seker te maak dat hy in beheer bly as president.